Afrikaanse Idiome

Idiome met be tekenis

31 cards   |   Total Attempts: 184
  

Cards In This Set

Front Back
Oop kaarte speel
Openlik se wat aan die gang is
Die kalf is in die put
Die werk moet dringend gedoen word
Nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie
Nie so dom soos wat mense dink jy is nie
Vir iemand die kastaiings uit die vuur haal
Moeilike werk vir ander doen
Nie 'n kat om sonder handskoene aan te pak nie
'n Moeilike teenstander
Die kind met die badwater uitgooi
Die goeie van 'n saak saam met die slegte verwerp
Vir iemand 'n klip uit die pad rol
'n Groot guns vir hom doen
Hy het die klok hoor lui, maar weet nie waar die bel hang nie
Hy weet van iets, maar snap nie waaroor dit gaan nie
Jy het slef nog groen koring op die land
Moenie ander se kinders kritiseer nie, want dit kan met jou kinders ook gebeur
Laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie
Moenie vir almal se as jy iets goeds gedoen het nie
Soos water van 'n eend se rug afloop
Jou nie daaraan steur nie
Elke donker wolkie het 'n silwer randjie
Elke negatiewe ding het 'n positiewe kant
Lig aan die einde van die tonnel
Daar is hoop
Met die maat waarmee jy meet, sal weer vir jou gemeet word
Soos wat jy ander mense behandel, sal jy behandel word
Bitter in die mond maak die hart gesond
Dit is nie lekker nie, maar dit werk