DIE ROTS IS MY ANKER

Ek is seker julle ken almal die treffer van Bok van Blerk “De la Rey De la Rey, sal jy die boere kom lei, De la Rey De la Rey?”

10 cards   |   Total Attempts: 184
  

Cards In This Set

Front Back
Ek lees dat Genl De la Rey as een van die braafste en nederigste boeregeneraals beskou is gedurende die Tweede Anglo Boereoorlog. Die Leeu van die Wes-Transvaal was teen oorlog gekant en is eers as ‘n lafaard uitgemaak, maar hy het gese hy sal veg as dit nodig is, selfs lank nadat President Paul Kruger sy roer neergele het .,.. en dit het hy dan ook gedoen.
.
Voorsitter, Dames en Here, ‘n uitgeslape man wat nes ‘n draai-jakkals home n sy 3000 Boerekrygers telkens uit moeilike situasies losgewriemel het en aanvalle vrygespring het. Toe hy moes veg, kon en het hy. Sy betroubare Martinin Henry oorgehaal, gereed vir aksie. Die Boer en sy Roer, onafskeidbaar. Sy Rots wat sy anker was.
.
Ek wil dinge nou nie heeltemal omroer en vrouens kaalvoet oor die Drakensberge terugjaag na die Kaap-van-Storms toe nie, of almal tot oorlog oproep om wild en wakker te begin skiet nie, maar, Vriende, …… ons mag nie meer roerloos sit en nie ‘n vinger verroer vir ‘n beter toekoms nie.
.
Genl Koos de la Rey was die perfekte leier en vir ons almal tot voorbeeld.
  • Hy het sy roer opgeneem om, toe dit nodig was, dit te beskerm wat vir home n die Boerekrygers kosbaar was
  • Hy het geveg vir waarin hy geglo het, die regte van sy boeremense, en
  • Hy het later sy Martini Henry neergele toe dit nie meer nodig was vir veg nie en vir die verarmde Afrikaners met sy hoed in die hand oorsee gaan fondse soek om op te bou wat hulle alles verloor het.
.
Miskien is dit nou die tyd, vroeg in 2015, om die roer om te gooi, van rigting te verander en begin beskerm wat vir ons as Afrikaners kosbaar is. Dit wat ons ROTS EN ANKER is – ONS TAAL. Die Universiteite dreig om te verengels en ons hensop en praat Engels dat die spoeg span en kla steen en been. Roer julle, doen iets. Stilsit en mor gaan geen snars verander nie. Ek lees in die Taalgenoot Winter 2013 wat Dr, Michael le Cordeur te se het, en ek haal aan: Äs Afrikaans egter saam met ander tale beskerm word, sal dit die taak bevry om as mentor op te tree deur die lesse wat in sy geskiedenis geleer is …” … en ek stem volmondig saam. Kom ons vat ons groot voorstaander van Afrikaans, en ook ons (haha) “vader van vele” Steve Hofmeyr. Hy veg met hand en mond vir ons mooie taal, maar sy eie kinders is in Engelse skole? Hoe verstaan mens dit?
.
Ek dink ook onwillekeurig aan die doemprofete en die voorspellings oor die einde van die aarde so om en by 22 Des 2012. Dr Collier skryf in die DeKat van Maart/April 2011 – “2012 is ‘n mite. Maar ‘n mite wat in opstand kom teen ons reenwoude, wat protester teen ons riviere en oseane wat besoedel word.” As ons 2015 wil vier en lank en gelukkig will ewe, moet ons soos Genl De la Rey begin beskerm wat vir ons kosbaar is: die bou van onse hemel, die dieptes van ons see, en ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.
.
Dit is beslis ook nou die tyd om die roer op te nee men tot die geveg toe te tree. Ons mag nie dit waarvoor on voorsate so hard geveg het om vir ons ankers in die land te bou, goedsmoeds oorgee en weggee nie. Korrupsie, geweld en misdaad moet met wortel en tak uitgeroei word.
.
“Ek glo plaasmoorde gaan nie oor misdaad nie, maar oor mag. ‘n Mentaliteit van: “Ek is in beheer – ek kan jou lewe nou neem as ek wil, of ek kan jou l=eers laat ly.” So skryf twee susters oor plaasmoorde in hul boer “Bloedsusters”. Mag ons die magsbehepte misdadiger toelaat om nog ‘n boer uit te moor? ‘n Besliste NEE!!! ‘n Ware leier tree tot die geveg toe as dit nodig is, end it is NOU nodig.
.
Genl De la Rey het uiteindelik tot sy mense se redding gekom en saam met Louis Botha en Christiaan de Wet om hulp gaan vra – voor die ankers gelig kon word. Ons hoor pragtige verhale van hou ons mense hulle harte en hande oopmaak om hulle medemens te help. Luister maar na Radio Jakaranda se “Good Morning Angels” op ‘n Woensdagoggend van hoe engele mense se lewens aanraak. En daar’s oral engel op ons paaie, ons moet net ons oe oopmaak en hulle raaksien!
.
Dames en Here, soos Genl De la Rey tydens die Anglo Boereoorlog daag ek julle uit om met ‘n roer in die hand, julle sterre uit jul gemaksones te roer en te help veg vir wat re gen goed is. Ons taal, ons land, ons mense. Ons ROTS wat ons ANKER is. ………………Generaal Generaal, soos een man sal ons om jou van Generaal De la Rey ……………..
.